HOOFSTUK VYF

RESULTATE EN INTERPRETASIE VAN DIE ONDERSOEK

5.1 INLEIDING

In Hoofstuk VIER is daar op die navorsingsontwerp en die ondersoekmetode gefokus. Die statisties-verwerkte resultate wat uit die empiriese ondersoek verkry is, word in die onderhawige hoofstuk kwantitatief sowel as kwalitatief geïnterpreteer, ten einde die gestelde hipoteses te toets.

5.2 STATISTIESE TEGNIEKE

Die BMDP-rekenaarpakket (Biomedical Computer Programme:1993) is deurgaans vir die statistiese analise gebruik.

5.2.1 AANVANKLIKE ONTLEDING VAN GEGEWENS

Beskrywende statistiek vir die verskillende veranderlikes is deur middel van die BMDP-pakket, program 2D bereken. Hierdie program bereken die frekwensietellings en verskaf opsommende statistiek wat onder andere die rekenkundige gemiddelde, mediaan, modus, standaardafwyking, standaardfout vir die rekenkundige gemiddelde, skeefheid en kurtose insluit.

5.2.2 PEARSON SE CHI-KWADRAAT (X²)-TOETS

Die Chi-kwadraat (X²)-toets is 'n nie-parametriese statistiese toets en word gewoonlik gebruik om vas te stel of daar 'n beduidende verwantskap tussen twee veranderlikes, wat in diskrete kategorieë of klasintervalle verdeel is, bestaan (Mc Millan & Schumacher, 1993:360; Borg, 1981:118).

Indien 'n navorser gebruik wil maak van die Chi-kwadraat (X²)-toets moet hy, volgens Meyer (1983:83) oor die volgende beskik:

* 'n idee van hoe die prestasies van die proefpersone versprei behoort te wees;

* inligting aangaande die werklike verspreiding van die prestasies van die proefpersone en

* 'n interesse in die mate waartoe die werklike frekwensie verskil van die verwagte frekwensie, en in hoe 'n mate die verskil toegeskryf kan word aan 'n veranderlike.

In die Chi-kwadraat (X²)-toets word twee stelle frekwensies met mekaar vergelyk, naamlik waargenome frekwensies en verwagte frekwensies. Die doel met die Chi-kwadraat (X²)-toets is dus om vas te stel of die werklike frekwensies, wat deur middel van waarneming vasgestel is, ooreenkom met die verwagte frekwensies (De Wet, et al., 1981:227).

Volgens Schumacher & McMillan (1993:399) kan die Chi-kwadraat (X²)-toets ook gebruik word om 'n nulhipotese, naamlik dat daar geen beduidende verskille tussen groepe bestaan nie, te toets.

In die onderhawige navorsing is daar twee groepe proefpersone van mekaar onderskei, naamlik 'n TS-groep wat uit adolessente in die sekondêre skool wat aan TS ly bestaan en 'n Nie-TS-groep wat uit adolessente in die sekondêre skool wat nie aan TS ly nie, bestaan. Beide groepe proefpersone het 'n saamgestelde vraelys voltooi ten einde vas te stel of daar beduidende verskille ten opsigte van hulle selfkonsepte bestaan.

Die berekening van Chi-kwadraat statistieke om beduidende verskille al dan nie tussen die twee groepe proefpersone te bepaal, is met behulp van die BMDP-pakket, program F4, statisties verwerk.

5.2.3 DIE T-TOETS

Die T-toets is 'n parametriese toets wat gebruik word om te bepaal of die verskille tussen twee stelle rekenkundige gemiddeldes statisties beduidend is (Mc Millan & Schumacher, 1993:345; Borg, 1981:125).

In die onderhawige navorsing is die T-toetsberekeninge met behulp van die BMDP-pakket, program 3D, gedoen.

5.2.4 CRONBACH ALPHA-KOëFFISIëNTE

Cronbach Alpha-koëffisiënte is gebruik om die betroubaarheid van die nie-akademiese selfkonsepskaal en die akademiese selfkonsep-skaal in die onderhawige ondersoek te bepaal. Die BMDP-program 4M is hiervoor gebruik.

5.3 BEDUIDENDHEIDSPEIL

In hierdie navorsing sal 'n 5%-beduidendheidspeil (p < 0,05) vir die hipotesetoetsing deurgaans geld. By die vermelding van die resultate sal slegs aangedui word dat daar 'n beduidende verskil is indien die nulhipotese met 95% sekerheid verwerp kan word.

5.4 RESULTATE VAN DIE ONDERSOEK

5.4.1 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE,

MET VERWYSING NA NIE-AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE

BY PROEFPERSONE (ASKS van Vrey/ASCS van Vrey & Venter)

Grafiek 11 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se fisieke self.

GRAFIEK 11: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se fisieke self

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 10 (47,6%) laag, 9 (42,9%) gemiddeld en slegs 2 (9,5%) hoog getoets het ten opsigte van die fisieke self. In die Nie-TS-groep het 93 (20,5%) laag, 248 (54,7%) gemiddeld en 112 (24,7%) hoog getoets.

Grafiek 12 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se persoonlike self.

GRAFIEK 12: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se persoonlike self

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 13 (61,9%) laag, 6 (28,6%) gemiddeld en 2 (9,5%) hoog getoets het ten opsigte van die persoonlike self. In die Nie-TS-groep het 104 (23,0%) laag, 240 (53,0%) gemiddeld en 109 (24,1%) hoog getoets.

Grafiek 13 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se gesinself.

GRAFIEK 13: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se gesinself

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 11 (52,4%) laag, 8 (38,1%) gemiddeld en 2 (9,5%) hoog getoets het ten opsigte van die gesinself. In die Nie-TS-groep het 106 (23,4%) laag, 257 (56,7%) gemiddeld en 90 (19,9%) hoog getoets.

Grafiek 14 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se sosiale self.

GRAFIEK 14: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se sosiale self

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 11 (52,4%) laag, 8 (38,1%) gemiddeld en 2 (9,5%) hoog getoets het ten opsigte van die sosiale self. In die Nie-TS-groep het 82 (18,1%) laag, 272 (60%) gemiddeld en 99 (21,9%) hoog getoets.

Grafiek 15 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se waarde self.

GRAFIEK 15: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se waarde self

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 8 (38,1%) laag, 10 (47,6%) gemiddeld en 3 (14,3%) hoog getoets het ten opsigte van die waarde self. In die Nie-TS-groep het 87 (19,2%) laag, 259 (57,2%) gemiddeld en 107 (23,6%) hoog getoets.

Grafiek 16 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se selfkritiek.

GRAFIEK 16: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se selfkritiek

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 1 (4,8%) laag, 13 (61,9%) gemiddeld en 7 (33,3%) hoog getoets het ten opsigte van selfkritiek. In die Nie-TS-groep het 77 (17,0%) laag, 262 (57,8%) gemiddeld en 114 (25,2%) hoog getoets.

Grafiek 17 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se totale nie-akademiese selfkonsep.

GRAFIEK 17: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se totale nie-akademiese selfkonsep

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 15 (71,4%) laag, 3 (14,3%) gemiddeld en 3 (14,3%) hoog getoets het ten opsigte van die totale nie-akademiese selfkonsep. In die Nie-TS-groep het 124 (27,4%) laag, 195 (43%) gemiddeld en 134 (29,6%) hoog getoets.

5.4.2 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE,

MET VERWYSING NA AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE BY

PROEFPERSONE

Grafiek 18 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se houding teenoor die skool.

GRAFIEK 18: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se houding teenoor die skool

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 11 (52,4%) laag, 7 (33,3%) gemiddeld en 3 (14,3%) hoog getoets het ten opsigte van hulle houding teenoor die skool. In die Nie-TS-groep het 97 (21,4%) laag, 198 (43,7%) gemiddeld en 158 (34,9%) hoog getoets.

Grafiek 19 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se eie evaluering van hulle skoolwerk.

GRAFIEK 19: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se eie evaluering van hulle skoolwerk

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die Nie-TS-groep 6 (28,6%) laag, 14 (66,7%) gemiddeld en 1 (4,8%) hoog getoets het ten opsigte van hulle eie evaluering van hulle skoolwerk. In die Nie-TS-groep het 59 (13,0%) laag, 270 (59,6%) gemiddeld en 124 (27,4%) hoog getoets.

Grafiek 20 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se persepsies van hulle eie akademiese vermoëns.

GRAFIEK 20: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se persepsies van hulle eie akademiese vermoëns

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 5 (23,8%) laag, 13 (61,9%) gemiddeld en 3 (14,3%) hoog getoets het ten opsigte van hulle eie persepsies van hulle akademiese vermoëns. In die Nie-TS-groep het 45 (9,9%) laag, 351 (77,5%) gemiddeld en 57 (12,6%) hoog getoets.

Grafiek 21 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se totale akademiese selfkonsep.

GRAFIEK 21: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se totale akademiese selfkonsep

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 6 (28,6%) laag, 15 (71,4%) gemiddeld en 0 (0%) hoog getoets het ten opsigte van die totale akademiese selfkonsep. In die Nie-TS-groep het 53 (11,7%) laag, 320 (70,6%) gemiddeld en 80 (17,7%) hoog getoets.

5.4.3 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE, MET VERWYSING NA GLOBALE SELFKONSEPVERSKILLE BY PROEFPERSONE

Grafiek 22 verskaf inligting aangaande die resultate wat 'n aanduiding gee van die proefpersone se globale selfkonsep.

GRAFIEK 22: Waargenome frekwensies ten opsigte van die proefpersone se globale selfkonsep

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Uit bostaande grafieke blyk dit dat van die TS-groep 12 (57,1%) laag, 9 (42,9%) gemiddeld en 0 (0%) hoog getoets het ten opsigte van die globale selfkonsep. In die Nie-TS-groep het 113 (24,9%) laag, 227 (50,1%) gemiddeld en 113 (24,9%) hoog getoets.

5.4.4.1 OPSOMMING VAN DIE KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE VAN DIE PROEFPERSONE SE NIE- AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE

Tabel 9 verskaf inligting aangaande die resultate wat verkry is ten opsigte van die proefpersone se nie-akademiese selfkonsep-verskille.

TABEL 9: Berekende resultate ten opsigte van die proefpersone se nie-akademiese selfkonsepverskille

Nie-akademiese selfkonsep

Berekende X²-waarde

Fisieke self

9,229*

Persoonlike self

16,448*

Gesinself

9,183*

Sosiale self

14,232*

Waarde self

4,896

Selfkritiek

2,408

Totaal

18,882*

Vryheidsgrade = 2

Ooreenstemmende kritieke X²-waarde (95%-peil) = 5,991

* Beduidend by 95%-peil, nulhipotese (Ho) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die selfkonsepverskille ten opsigte van die proefpersone se fisieke self, persoonlike self, gesinself, sosiale self en die totale nie-akademiese selfkonsep betref, is X2-waardes groter as die kritieke X2-waarde (5,991) by die 95%-peil verkry. Dit dui op 'n beduidende verskil tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep. Die TS-groep het beduidend laer as die Nie-TS-groep getoets. Wat hierdie dimensies van die nie-akademiese selfkonsep, asook die totale nie-akademiese selfkonsep betref, word die nulhipotese (H0) dus verwerp. In die geval van waarde self en selfkritiek bestaan daar nie beduidende verskille tussen die twee groepe nie en word die nulhipotese, wat hierdie dimensies betref, dus nie verwerp nie.

5.4.4.2 OPSOMMING VAN DIE KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE VAN DIE PROEFPERSONE SE AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE

Tabel 10 verskaf inligting aangaande die resultate wat verkry is ten opsigte van die proefpersone se akademiese selfkonsep-verskille.

TABEL 10: Berekende resultate van die proefpersone se akademiese selfkonsepverskille

Akademiese selfkonsep

Berekende x2-waarde

Houding teenoor die skool

11,453*

Eie evaluering van skoolwerk

7,596*

Persepsies van eie akademiese vermoëns

13,205*

Totaal

9,339*

Vryheidsgrade = 2

Ooreenstemmende kritieke X2-waarde (95%-peil) = 5,991

* Beduidend by 95%-peil, nulhipotese (H0) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die selfkonsepverskille ten opsigte van die proefpersone se houding teenoor die skool, eie evaluering van hulle skoolwerk, eie persepsies van hulle akademiese vermoëns en die totale akademiese selfkonsep betref, is X2-waardes groter as die kritieke X2-waarde (5,991) by die 95%-peil verkry. Dit dui op 'n beduidende verskil tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep. Die TS-groep het beduidend laer as die Nie-TS-groep getoets. Wat al hierdie dimensies van die akademiese selfkonsep, asook die totale akademiese selfkonsep betref, word die nulhipotese dus verwerp.

5.4.4.3 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE VAN DIE PROEFPERSONE SE GLOBALE SELFKONSEPVERSKILLE

Tabel 11 verskaf inligting aangaande die resultate wat verkry is ten opsigte van die proefpersone se globale selfkonsepverskille.

TABEL 11: Berekende resultate van die proefpersone se globale selfkonsepverskille

Berekende x2-waarde

Globale selfkonsep

13,340*

Vryheidsgrade = 2

Ooreenstemmende kritieke X²-waarde (95%-peil) = 5,991

* Beduidend by 95%-peil, nulhipotese (H0) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die verskil ten opsigte van die proefpersone se globale selfkonsep betref, is 'n X2-waarde groter as die kritieke X2-waarde (5,991) verkry. Dit dui op 'n beduidende verskil tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep. Die TS-groep het beduidend laer as die Nie-TS-groep getoets. Wat die globale selfkonsep betref, word die nulhipotese dus verwerp.

5.4.5 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE MET VERWYSING NA SELFKONSEPVERSKILLE TUSSEN ADOLES- SENTE SEUNS IN DIE TS-GROEP EN DIE NIE-TS-GROEP

Aangesien daar slegs 3 dogters in die TS-groep was, kon die selfkonsepverskille tussen die adolessente dogters in die TS-groep en Nie-TS-groep nie bepaal word nie. Die ANOVA kon dus ook nie ingespan word nie aangesien die TS-dogters onder-verteenwoordig was.

Tabel 12 verskaf inligting aangaande die toetsresultate wat verkry is ten opsigte van die proefpersone (slegs die seuns) se nie-akademiese selfkonsepverskille.

TABEL 12: Verskille tussen die adolessente seuns in die TS- groep en Nie-TS-groep ten opsigte van gemiddelde nie- akademiese selfkonseptellings

Nie-

akademiese

selfkonsep

TS-groep

X SD

Nie-TS-groep

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Fisieke self

Persoonself

Gesinself

Sosiale self

Waarde self

Selfkritiek

8,78 3,64

7,22 3,46

9,11 5,09

7,33 4,73

8,22 3,39

7,50 1,95

11,76 2,93

11,07 3,37

12,11 3,61

11,46 3,42

9,77 3,08 7,16 1,92

4,05

4,65

3,26

4,75

2,04

-0,72

0,0001*

0,0000*

0,0013*

0,0000*

0,0430*

0,4792

Totaal

48,17 15,05

63,34 12,23

495

0,0000*

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

33,5441 0,0000*

* Beduidend by 95%-peil (p < 0,05), nulhipotese (H0) word

verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die totaal, asook alle subskale behalwe selfkritiek betref, was die seuns in die TS-groep se gemiddelde nie-akademiese selfkonseptellings beduidend laer as dié van die Nie-TS-groep by die 95%-peil. Ook is die berekende Hotelling T2-statistiek beduidend by die 95%-peil (p < 0,05) en kan die nulhipotese in hierdie gevalle dus verwerp word.

GRAFIEK 23: Profiel van die adolessente seuns in die TS-groep en Nie-TS-groep se gemiddelde nie-akademiese selfkonseptellings

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Ten opsigte van die profiel van die 6 nie-akademiese selfkonsepsubskale, selfkritiek uitgeslote, verskil die seuns in die TS-groep se profiel beduidend van die seuns in die Nie-TS-groep s'n. Die seuns in die TS-groep se profiel lê beduidend laer as die seuns in die Nie-TS-groep s'n.

Tabel 13 verskaf inligting aangaande die toetsresultate wat verkry is ten opsigte van verskille van die proefpersone (slegs die seuns) se gemiddelde akademiese selfkonseptellings.

TABEL 13: Verskille tussen die adolessente seuns in die TS- groep en Nie-TS-groep ten opsigte van gemiddelde akademiese selfkonseptellings

Akademiese

selfkonsep

TS-groep

X SD

Nie-TS- groep

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Houding teen-

oor skool

Evaluering van eie skoolwerk

Persepsies van

eie akademiese

vermoëns

37,96 27,89

47,69 23,19

57,64 19,66

59,29 25,62

64,22 23,10

60,20 18,47

3,36

2,91

0,56

0,0000*

0,0039*

0,5754

Totaal

47,76 19,88

61,24 18,48

295

0,0035*

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

17,9319 0,0007*

* Beduidend by 95%-peil (p < 0,05), nulhipotese (H0) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die totaal, asook alle dele van die akademiese selfkonsepskaal, behalwe persepsies van eie akademiese vermoëns betref, was die seuns in die TS-groep se gemiddelde akademiese selfkonseptellings beduidend laer by die 95%-peil as die seuns in die Nie-TS-groep s'n. Ook is die berekende Hotelling T2-statistiek beduidend by die 95%-peil (p < 0,05) en kan die nulhipotese in hierdie gevalle verwerp word.

GRAFIEK 24: Profiel van die adolessente seuns in die TS-groep en Nie-TS-groep se gemiddelde akademiese selfkonseptellings

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Ten opsigte van die profiel van die drie dele van die akademiese selfkonsepskaal, verskil die seuns in die TS-groep se profiel beduidend van die seuns in die Nie-TS-groep s'n, persepsies van eie akademiese vermoëns uitgeslote. Die seuns in die TS-groep se profiel lê beduidend laer as die seuns in die Nie-TS-groep s'n.

TABEL 14: Verskille tussen die adolessente seuns in die TS-groep en Nie-TS-groep ten opsigte van gemiddelde globale selfkonseptellings

TS-groep

X SD

Nie-TS- groep

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Globale selfkonsep

47,96 15,18

62,29 13,48

4,28

0,0000*

* Beduidend by 95%-peil (p < 0,05), nulhipotese (H0) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die globale selfkonsep betref, was die seuns in die TS-groep se gemiddelde globale selfkonseptellings beduidend laer by die 95%-peil as dié van die seuns in die Nie-TS-groep en kan die nulhipotese in hierdie geval verwerp word.

5.4.6 KWANTITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE MET VERWYSING NA DIE INVLOED VAN VERSKILLENDE VERANDER- LIKES MET BETREKKING TOT SELFKONSEPVERSKILLE IN DIE TS-GROEP

Dit sou sinvol wees om ondersoek in te stel of die volgende veranderlikes beduidende selfkonsepverskille binne die TS-groep veroorsaak:

* geslag

* ouderdom

* geografiese ligging

* beroep van ouers

* gebruik van medikasie

* benutting van sielkundige behandeling

* persoonlike aanvaarding van TS

* TS-lyers se persepsies van hulle ouers se belewing van TS

* primêre en sekondêre probleme deur die TS-lyer ervaar.

Die verspreiding van die antwoorde van die proefpersone het dit slegs moontlik gemaak om verskille te bereken tussen TS-lyers wat aanvaar dat hulle aan TS ly en dié wat nie aanvaar dat hulle aan TS ly nie en tussen jonger en ouer TS-lyers.

5.4.6.1 Aanvaarding van TS

TABEL 15: Verskille tussen proefpersone in die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het en dié wat nie aanvaar dat hulle TS het nie, se gemiddelde nie-akademiese selfkonseptellings

Nie- akademiese

selfkonsep

Aanvaar TS

X SD

Aanvaar nie TS nie

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Fisieke self

Persoonself

Gesinself

Sosiale self

Waarde self

Selfkritiek

9,78 4,47

8,78 3,70

9,89 5,35

8,00 4,66

8,67 3,32

6,67 2,12

8,09 2,39

5,73 2,61

7,91 4,66

7,55 5,11

8,27 3,41 8,18 1,33

1,08

2,16

0,89

0,21

0,26

-1,95

0,2934

0,0445*

0,3878

0,8393

0,7976

0,0666

Totaal

51,78 17,19

45,73 12,04

92

3,673

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

19,0107 0,0994

* Beduidend by 95%-peil (p < 0,05), nulhipotese (H0) word verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die totaal, asook alle nie-akademiese subskale, behalwe die persoonlike self betref, verskil die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het se gemiddelde nie-akademiese selfkonseptellings nie beduidend van die TS-groep wat nie aanvaar dat hulle TS het, s'n nie. Aangesien die berekende Hotelling T2-statistiek vir die nie-akademiese selfkonseptoets as geheel nie beduidend by die 95%-peil is nie (p > 0,05), is die verskil ten opsigte van die persoonlike self ook nie betekenisvol nie.

TABEL 16: Verskille tussen proefpersone in die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het en dié wat nie aanvaar dat hulle TS het nie, se gemiddelde akademiese selfkonseptellings

Akademiese

selfkonsep

Aanvaar TS

X SD

Aanvaar nie

TS nie

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Houding teen-

oor skool

Eie evaluering van skoolwerk

Persepsies van

eie akademiese

vermoëns

38,89 27,64

53,70 21,29

67,59 10,37

40,91 28,25

43,94 26,11

50,00 22,90

-0,16

0,90

2,13

0,8742

0,3790

0,0476*

Totaal

53,40 16,14

44,95 22,96

93

3,649

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

6,4722 0,1674

* Beduidend by 95%-peil (p < 0,05), nulhipotese (H0) word

verwerp

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die totaal, asook alle dele van die akademiese selfkonsepskaal, behalwe persepsies van eie akademiese vermoëns betref, verskil die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het se gemiddelde akademiese selfkonseptellings nie beduidend van die TS-groep wat nie aanvaar dat hulle TS het s'n nie. Aangesien die Hotelling T²-statistiek vir die akademiese selfkonseptoets as geheel nie beduidend by die 95%-peil is nie (p > 0,05), is die beduidende verskil ten opsigte van persepsies van eie akademiese vermoëns ook nie betekenisvol nie.

TABEL 17: Verskille tussen die proefpersone in die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het en dié wat nie aanvaar dat hulle TS het nie, se gemiddelde globale selfkonseptellings

Aanvaar TS

X SD

Aanvaar nie TS nie

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Globale selfkonsep

52,59 14,28

45,34 15,80

1,06

0,3010

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat die gemiddelde globale selfkonseptelling betref, bestaan daar nie beduidende verskille tussen die TS-groep wat aanvaar dat hulle TS het en dié wat nie aanvaar dat hulle TS het nie.

5.4.6.2 Ouderdom

TABEL 18: Verskille tussen die jonger en ouer proefpersone in die TS-groep ten opsigte van gemiddelde nie-akademiese

selfkonseptellings

Nie-

akademiese

selfkonsep

13 tot 15

jaar

X SD

16 jaar

en ouer

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Fisieke self

Persoonself

Gesinself

Sosiale self

Waarde self

Selfkritiek

8,33 4,06

6,56 4,22

8,33 5,45

7,00 4,58

7,67 3,64

7,33 2,40

9,50 3,03

8,17 3,41

9,50 4,64

8,83 5,11

9,67 3,47 7,58 1,31

-0,76

-0,97

-0,53

-0,85

-1,28

-0,31

0,4592

0,3445

0,6028

0,4065

0,2161

0,7624

Totaal

45,22 17,98

53,25 12,98

-119

2,483

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

3,4175 0,8539

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat alle nie-akademiese subskale, asook die totale nie-akademiese selfkonsepskaal betref, verskil die jonger TS-groep se gemiddelde nie-akademiese selfkonseptellings nie beduidend van die ouer groep s'n nie.

TABEL 19: Verskille tussen jonger en ouer proefpersone in die TS- groep ten opsigte van gemiddelde akademiese

selfkonseptellings

Akademiese

selfkonsep

13 tot 15

jaar

X SD

16 jaar en ouer

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Houding teen-

oor skool

Eie evaluering van skoolwerk

Persepsies van

eie akademiese

vermoëns

40,74 31,30

46,30 22,86

50,93 16,77

41,67 25,13

50,00 24,62

62,15 21,06

-0,08

-0,35

-1,31

0,9408

0,7291

0,2043

Totaal

45,99 19,68

51,27 20,21

-60

5,558

Hotelling T2:

Statistiek P-waarde

3,2761 0,4267

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Wat al drie dele van die akademiese selfkonsepskaal, asook die totale akademiese selfkonsepskaal betref, verskil die jonger TS-groep se gemiddelde akademiese selfkonseptellings nie beduidend van die ouer groep s'n nie.

TABEL 20: Verskille tussen jonger en ouer proefpersone in die TS-groep ten opsigte van gemiddelde globale selfkonseptellings

13 tot 16 jaar

X SD

17 jaar

en ouer

X SD

T- Toets-

telling

P- waarde

Globale selfkonsep

45,60 17,81

52,26 13,13

-99

3,355

KWANTITATIEWE INTERPRETASIE

Daar bestaan nie beduidende verskille tussen die jonger en ouer proefpersone in die TS-groep se gemiddelde globale selfkonsep-tellings nie.

5.5 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE

Ten einde selfkonsepverskille tussen proefpersone wat aan TS ly en dié wat nie aan TS ly nie in perspektief te stel, moet 'n kwalitatiewe interpretasie van die bevindinge van die ondersoek aangebied word.

Navorsing deur Edell-Fisher & Motta (1990:539) toon dat daar geen selfkonsepverskille tussen TS-lyers en nie-TS-lyers bestaan nie. In die onderhawige ondersoek is egter bevind dat die selfkonsep van die adolessent wat aan TS ly wel beduidend verskil van die selfkonsep van die adolessent wat nie aan TS ly nie.

5.5.1 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE,

MET VERWYSING NA NIE-AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE

BY PROEFPERSONE (ASKS van Vrey/ASCS van Vrey & Venter)

Dit blyk dat daar beduidende verskille tussen die TS-lyers en die Nie-TS-lyers bestaan wat die verskillende dimensies van die nie-akademiese selfkonsep betref (Tabel 9). Hierdie verskille sal vervolgens kwalitatief geïnterpreteer word.

* Die fisieke self, of die self in verhouding tot die liggaam (Grafiek 11)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se fisieke selfkonsep (Tabel 9). Die bevindinge dui daarop dat byna die helfte van die TS-groep teenoor byna 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n lae fisieke selfkonsep vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae fisieke selfkonsep toon as die Nie-TS-lyer.

Die groot persentasie van die TS-groep wat oor 'n lae fisieke selfkonsep beskik, kan dalk toegeskryf word daaraan dat die TS-simptome steurend is en die fisiologiese funksionering van die TS-lyer affekteer (Lang, 1992:25). Voorts ontlok die motoriese trekkings en vokale trekkings, veral as dit opvallend is, dikwels 'n gespot en kan sy liggaam dus 'n verleentheid vir hom word (Coetzee, 1995:66) - derhalwe kan hy sy liggaamlikheid as negatief beleef.

Sekondêre probleme soos selfbeseringsgedrag (Bruun & Budman, 1993:37), die misbruik van verdowingsmiddels en eetstoornisse, (Comings, 1990:234,235) wat by sommige TS-lyers voorkom, kan ook die fisiologiese funksionering van die persoon rem en verder tot 'n negatiewe belewing van sy liggaamlikheid bydra.

Die intense bewustheid van die liggaam gedurende adolessensie word ook deur die adolessente TS-lyer beleef, maar vanweë die opvallendheid en onwillekeurigheid van die simptome wek dit by hom 'n groter mate van selfbewustheid (Thibert, et al., 1995:36). Dit maak dit vir hom moeiliker om sy liggaam, wat trekkings en geluide waaroor hy geen beheer het nie, voortbring, te aanvaar en nóg moeiliker om dit as aantreklik te beleef.

Voorts kan die lae fisieke selfkonsep daaraan toegeskryf word dat die aanhoudende trekkings vir sommige TS-lyers pynlik is (Lang, 1992:29), met die gevolg dat hulle nie altyd blakend gesond voel nie. Sommige trekkings is fisiek uitputtend en veroorsaak spiermoegheid, wat nie aan die TS-lyer veel entoesiasme en energie oorlaat om aan fisieke aktiwiteite, waardeur hy moontlik die geleentheid kan kry om positief teenoor sy liggaam te voel, deel te neem nie.

* Die persoonlike self, of die persoon se verhouding met sy psigiese gesteldheid (Grafiek 12)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se persoonlike selfkonsep (Tabel 9). Die bevindinge dui daarop dat meer as die helfte van die TS-groep teenoor minder as 'n kwart van die Nie-TS-groep oor 'n lae persoonlike self beskik. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae persoonlike self as die Nie-TS-lyer toon.

Die groot persentasie van die TS-groep wat oor 'n lae persoonlike selfkonsep beskik, kan moontlik toegeskryf word daaraan dat die TS-simptome, dit wil sê die intens steurende trekkings en ook die sekondêre gedragsprobleme soos aggressie, wat 'n negatiewe houding by ander teenoor die TS-lyer wek, ook gewoonlik negatiewe gevoelens by die TS-lyer self ontketen (Van Rensburg, 1996:90) en hom anders en minderwaardig laat voel (Fisher, et al., 1986:530).

Die TS-simptome waaroor daar geen beheer is nie, werk dikwels 'n moedeloosheid, pessimisme en depressie by die TS-lyer in die hand (Coetzee, 1995:66). Die gepaardgaande gevoel van beheer verloor, angs in groepsituasies, kommer oor die medikasie en frustrasie oor sy buitengewone gedrag, vererger sy belewing van TS en kan die negatiewe gevoelens wat hy teenoor homself koester, versterk (Fisher, et al., 1986:530).

Bogenoemde negatiewe gevoelens dui op emosionele aanpassings-probleme by die TS-lyer. Edell & Motta (1989:52) vermeld navorsing wat aantoon dat emosionele aanpassingsprobleme, wat op die psigiese gesteldheid dui, veroorsaak word deur die ouers se eie negatiewe gesindheid jeens hulleself (Tower, 1980), die onvermoë van die gesin om aan te pas (Mc Cubbin, Patterson, Mc Cubbin & Wilson, 1983) en die TS-lyer se persepsie van sy ouers se optrede teenoor hom (Greybill, 1978).

'n Lae persoonlike selfkonsep kan verder toegeskryf word aan die stigma wat verband hou met 'n afwyking soos TS, wat die TS-lyer byvoorbeeld uit die portuurgroep uitsluit en wat verder veroorsaak dat die persoonsontplooiing daaronder ly (Iancu, et al., 1995:408).

Dit gebeur dikwels dat die TS-lyer in so 'n mate oorbeskerm word dat hy nie toegelaat word om dinge te ervaar wat ander adolessente ervaar nie, wat 'n hulpeloosheid en afhanklikheid in die hand werk, wat op hulle beurt weer die ontwikkeling van sy persoonlike self kan kortwiek (Van Rensburg, 1996:86). Eweneens veroorsaak affektiewe verwaarlosing deur die ouers van die TS-lyer dat hy nie die nodige geleenthede gebied word om sy persoonlike self te ontwikkel nie.

* Die gesinself, of die self in verhouding tot die gesin (Grafiek 13)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se gesinselfkonsep (Tabel 9). Die bevindinge dui daarop dat meer as die helfte van die TS-groep teenoor minder as 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n lae gesinself vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae gesinself toon as die Nie-TS-lyer.

Die groot persentasie van die TS-groep wat oor 'n lae gesinselfkonsep beskik, kan waarskynlik toegeskryf word daaraan dat die TS-lyer nie onvoorwaardelike aanvaarding in die gesin geniet nie (Pelser, 1994:107). Aangesien die TS-diagnose moeilik deur die ouers self aanvaar en verwerk word, word dit gereflekteer in hulle onvermoë om die TS-lyer te aanvaar, te begryp, te hanteer en aan hom die gepaste hulp te verleen (Van Niekerk & Dijkman, 1992:197), wat weer die TS-lyer se belewing van homself as deel van die gesin beïnvloed. Edell & Motta (1989:51) bevestig dat die TS-lyer se persepsie van sy ouers se optrede teenoor hom verband hou met sy selfkonsep.

Die lae gesinselfkonsep kan voorts daaraan toegeskryf word dat die TS-simptome, asook die onaanvaarbare gedrag met die gepaardgaande voortdurende kritiek, tot emosionele spanning tussen die TS-lyer en sy gesinslede aanleiding kan gee. Verder versteur die konflik en dissiplineringsprobleme die verhoudinge (Van Niekerk & Dijkman, 1992:197), asook die kommunikasie in die gesin. 'n Kloof kan as gevolg hiervan tussen die ouer en die TS-lyer ontstaan, sodat beide ontnugtering, moedeloosheid, skuld, eensaamheid, onsekerheid, angs en vertwyfeling beleef en daar nie sprake van behoorlike gesinsamehorigheid bestaan nie.

Die beklemtoning van die TS-simptome, asook die sekondêre probleme, dit wil sê die TS-lyer se swak punte, deur die ouer, dra verder by tot die vorming van 'n negatiewe selfkonsep (Edell-Fisher & Motta, 1990:543).

Aangesien die TS-lyer dikwels vir die ouers 'n verleentheid is (Theron & Verwey, 1994:37) en hulle besorgd is oor wat ander mense van die kind mag dink en dat hulle moontlik verwerp kan word (Van Rensburg, 1996:85, 87), word gesinsuitstappies beperk of word die TS-lyer nie by alle gesinsaktiwiteite betrek nie, wat hom dus uit die gesin uitsluit en vir hom aandui dat hy nie volledig deel van sy gesin is nie.

* Die sosiale self, of die self in sosiale verhoudinge

(Grafiek 14)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se sosiale selfkonsep (Tabel 9). Die bevindinge dui daarop dat meer as die helfte van die TS-groep teenoor minder as 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n lae sosiale selfkonsep vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae sosiale selfkonsep toon as die Nie-TS-lyer.

Die groot persentasie van die TS-groep wat oor 'n lae sosiale selfkonsep beskik, kan moontlik toegeskryf word daaraan dat TS-simptome en die sekondêre probleme aanleiding tot 'n versteurde uitingslewe, soos aggressie of isolasie gee (Bruun & Budman, 1993:32). Aggressie stoot ander weg en maak dit vir hulle moeilik om toenadering tot die TS-lyer te soek en vriende met hom te maak. Die verleentheid en steurnis wat die trekkings veroorsaak, werk ook die onttrekking van die TS-lyer uit die sosiale kring (Shapiro, et al., 1988:176), maar ook sy verwerping deur vriende, sowel as vreemdelinge, in die hand (Edell-Fisher & Motta, 1990:539).

Bykomende sekondêre probleme soos koprolalie, kopropraksie en kompulsiewe aanrakery, versteur ook verhoudinge met ander en belemmer sosiale interaksie (Comings & Comings, 1987a:734).

Die lae sosiale self kan ook toegeskryf word aan gedragsprobleme soos 'n vinnige humeur, veranderlike buie, oorreaksie, ekshibisionisme en negatiwisme, teëpratery, tergery en woede-uitbarstings (Burd, et al., 1994:273; Van Niekerk & Dijkman, 1992:203), wat die verwerwing van sosiale vaardighede belemmer, sosialisering in die wiele ry en die TS-lyer uiteindelik vriendloos kan laat.

Die neiging om nie verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar nie, ander vir hulle probleme te blameer en aan te dring daarop om hulle sin te kry, belemmer ook sy interpersoonlike verhoudinge (Comings & Comings, 1987a:734) en lei tot verdere verwerping van die TS-lyer.

Die lae sosiale selfkonsep kan verder toegeskryf word aan 'n tekort aan sosialiseringsgeleenthede binne die portuurgroep, gesinsvriendekring en ander kleiner groepe (Van Rensburg, 1996:86), waar die TS-lyer wel ingesluit, onvoorwaardelik aanvaar en ondersteun word.

* Die waarde self, of die self in verhouding tot sedelike norme (Grafiek 15)

Daar bestaan nie beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep wat betref die waarde self nie (Tabel 9). Die bevindinge dui wel daarop dat 'n groter persentasie van die TS-groep as van die Nie-TS-groep 'n lae waarde self vertoon.

Die feit dat die verskille nie beduidend is nie, kan daaraan toegeskryf word dat die adolessent wat aan TS ly se verhouding tot die sedelike norme en dus sy waarde self nie noemenswaardig deur die TS-simptome en die sekondêre probleme beïnvloed word nie.

Dit is so dat die TS-lyer dikwels sosiale norme en gedragskodes oortree, maar oënskynlik nie bewus daarvan is dat hy asosiaal optree nie (Bruun & Budman, 1993:32). Dit wil dus voorkom asof die TS-lyer nie objektiewe oordele oor sy moraliteit kan uitspreek nie en in sommige gevalle sy moraliteit hoër aanslaan as wat werklik die geval is.

Hierdie aspek behoort egter aan verdere navorsing onderwerp te word, ten einde wetenskaplik gefundeerde antwoorde te vind rondom die moraliteit van die TS-lyer.

* Die selfkritiek, as die mate van kritiek wat die persoon

teenoor homself kan uitspreek (Grafiek 16)

Daar bestaan nie beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep nie wat selfkritiek betref (Tabel 9). Volgens Vrey & Venter (1983a:7) sal 'n persoon met 'n realistiese en hoë positiewe selfkonsep krities teenoor homself kan staan en dienooreenkomstig optree.

Die bevindinge dui wel daarop dat 'n kleiner persentasie van die TS-groep as die Nie-TS-groep 'n lae selfkritiek vertoon, wat moontlik 'n aanduiding kan wees dat die TS-simptome en die sekondêre probleme die TS-lyer se selfkritiek beïnvloed, dus dat hy dit moeiliker as die Nie-TS-lyer vind om krities teenoor homself te staan en dienooreenkomstig op te tree.

Dit kan moontlik toegeskryf word daaraan dat die TS-lyer dikwels aan soveel kritiek van andere onderwerp word, dat hy dit moeilik vind om self krities teenoor homself te staan. In 'n poging om die ego te beskerm, word eie swakhede of beperkinge dikwels ontken en bejeën die persoon homself meer positief as wat werklik die geval is. Verdere navorsing oor verdedigingsmeganismes wat TS-lyers implementeer ten einde die ego te beskerm, behoort meer lig op hierdie aspek te werp.

* Die totale nie-akademiese selfkonsep (Grafiek 17)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se totale nie-akademiese selfkonsep (Tabel 9). Die bevindinge dui daarop dat byna 'n driekwart van die TS-groep teenoor net meer as 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n lae nie-akademiese selfkonsep vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae totale nie-akademiese selfkonsep toon as die adolessent wat nie aan TS ly nie.

Dit kan moontlik toegeskryf word daaraan dat die opvallendheid van die TS-lyer se simptome, asook die gepaardgaande sekondêre probleme, die TS-lyer self en ander met wie hy in aanraking kom, ongemaklik laat voel en die interpersoonlike interaksie belemmer. Die problematiese gedrag van die TS-lyer veroorsaak dikwels dat die terugvoering wat hy van ander kry, nie bevorderlik is vir die vorming van 'n positiewe nie-akademiese selfkonsep nie. Dit is veral die fisieke self, persoonlike self, gesinself en sosiale self wat nadelig beïnvloed word, met die gevolglike lae totale nie-akademiese selfkonsep.

5.5.2 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE, MET VERWYSING NA AKADEMIESE SELFKONSEPVERSKILLE BY PROEFPERSONE

Dit blyk dat daar beduidende verskille tussen die TS-lyers en die Nie-TS-lyers bestaan wat die verskillende dimensies van die akademiese selfkonsep betref (Tabel 10). Hierdie verskille sal vervolgens kwalitatief geïnterpreteer word.

* Houding teenoor die skool (Grafiek 18)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se houding teenoor die skool (Tabel 10). Die bevindinge dui daarop dat meer as die helfte van die TS-groep teenoor minder as 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n negatiewe houding teenoor die skool vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n negatiewe houding teenoor die skool toon as die Nie-TS-lyer.

Die groot persentasie van die TS-groep wat 'n negatiewe houding teenoor die skool openbaar, kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat die TS-lyer se trekkings vir hom 'n verleentheid is en ook 'n remmende uitwerking op sy skoolwerk (Bronheim, 1991:19), sy konsentrasie en ander skoolverwante aktiwiteite uitoefen en hy daarom skoolgaan as onaangenaam beleef en selfs skoolfobie of skoolweiering ondervind (Plapp, 1990:149-150).

Dat hy nie in die skool begryp word nie en soms verkeerdelik gestraf word vir simptome en gedrag waaroor hy geen beheer het nie, het ook 'n negatiewe invloed op sy houding teenoor die skool (Tourette Syndrome Association, 1995:9).

'n Verdere bydraende faktor is dat die skolastiese probleme wat sommige TS-lyers ondervind, veroorsaak dat hulle nie genoegsame geleenthede waarin hulle sukses kan behaal, geniet nie (Willemse, 1995) en hulle dus skoolgaan as negatief beleef. Terapie en remediëring sonder die TS-lyer verder uit as "anders" as die ander adolessente in sy klas.

Die onderwyser wat hom blind staar teen die TS-simptome en die kind daaragter miskyk, se negatiewe gesindheid, asook voortdurende negatiewe kritiek wat hy vanweë die TS-lyer se gedrag aanbied, dra verder daartoe by dat hy verleë en onbevoeg in vergelyking met die ander voel (Bronheim, 1991:18). Ten einde die TS-lyer verleentheid te spaar, word hy nie gevra om spesiale takies te doen nie, en bied hy dit ook nie aan nie, wat hom nog meer isoleer en minder deel van die klas laat voel.

Volgens Sutton (1992:3) dra die rigiede klaskamersituasie verder by tot die TS-lyer se negatiewe houding teenoor die skool.

* Eie evaluering van skoolwerk (Grafiek 19)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se eie evaluering van hulle skoolwerk (Tabel 10). Die bevindinge dui daarop dat 'n groter persentasie van die TS-groep as van die Nie-TS-groep hulleself laag evalueer ten opsigte van hulle skoolwerk. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae evaluering van sy eie skoolwerk toon as die adolessent wat nie aan TS ly nie.

Die groot persentasie van die TS-groep wat hulleself laag evalueer ten opsigte van hulle skoolwerk, kan moontlik toegeskryf word daaraan dat die TS-lyer se trekkings, die gedragsprobleme en skolastiese probleme sy leerintensie en prestasie nadelig beïnvloed (Singer & Walkup, 1991:19) en dat hy waarskynlik wel besef dat hy nie na wense presteer nie.

Die spesifieke neuropsigologiese tekorte wat sommige TS-lyers openbaar, naamlik aandagstekorte, psigomotoriese tekorte en tekorte met betrekking tot die visueel-perseptuele prosessering belemmer die kognitiewe funksionering van die TS-lyer in die skool verder (Como, 1993:228). Dit plaas die TS-lyer se skoolwerk nie in lyn met die ander in die klas se werk nie en dit wek by hom die gevoel dat sy skoolwerk nie aan die vereiste standaard voldoen nie.

Die neuroleptiese medikasie wat gebruik word om die trekkings te beheer, werk ook kognitiewe belemmering in die hand, met 'n gepaardgaande afname in geheue, prestasie en skoolpunte (Singer, et al., 1995:59).

Die TS-lyer se skolastiese probleme, asook die impulsiwiteit, frustasie, ongeduld en probleme met die regulering van aktiwiteite, beïnvloed nie net die verhoudinge in die klas nie, maar ook sy vermoë om sukses te behaal (Cohen & Leckman, 1994:4). Dit skep ook ruimte vir negatiewe terugvoering deur die skoolmaats en onderwysers, wat 'n gevoel van "ek is nie goed genoeg nie" en "ek kan nie" versterk en 'n sikliese effek van mislukking (Meyer 1987:132) aan die gang sit.

TS-lyers by wie obsessief-kompulsiewe gedrag voorkom, se funksionering in die skool word ook daardeur belemmer (Dodick & Adler, 1992:306). Aritmomanie kan verhoed dat die TS-lyer sy rekenkunde voltooi, terwyl 'n kompulsie oor korrektheid kan veroorsaak dat die TS-lyer aanhoudend uitvee en dus nie sy werk kan afhandel nie. Hy vind dit dus moeilik om aan die eise wat in die klas gestel word te voldoen en beleef heel moontlik dat sy skoolwerk nie aan die verwagtinge wat gestel word, voldoen nie.

Die lae evaluering van sy skoolwerk kan ook toegeskryf word daaraan dat die skool nie voldoende aanpassings maak om die TS-lyer se spesifieke leerstyl of werkstyl te akkommodeer nie en hy as gevolg daarvan beleef dat sy werk swakker is as die ander in die klas s'n.

* Persepsies van eie akademiese vermoëns (Grafiek 20)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se persepsies van hulle eie akademiese vermoëns (Tabel 10). Die bevindinge dui daarop dat 'n groter persentasie van die TS-groep as die Nie-TS-groep 'n negatiewe persepsie van hulle eie akademiese vermoëns toon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n negatiewe persepsie van sy eie akademiese vermoëns toon as die adolessent wat nie aan TS ly nie.

Die groot persentasie van die TS-groep wat hulleself laag evalueer ten opsigte van hulle eie akademiese vermoëns, kan toegeskryf word daaraan dat die TS-lyer sy anderssyn so ernstig beleef dat wanneer hy sy akademiese vermoëns met s'n ander vergelyk, hy daaraan twyfel of hy die potensiaal het om soos hulle te presteer.

Dat die TS-lyer daaraan twyfel dat hy met tersiêre studie sukses kan behaal, kan toegeskryf word aan die mislukkings wat hy beleef en die negatiewe terugvoering wat hy voortdurend van ander kry.

Die kommer wat die TS-lyer se ouers ten opsigte van toekomstige beroepsgeleenthede vir hom het en wat hulle ook teenoor hom uitspreek, kan die TS-lyer aan sy eie akademiese vermoëns laat twyfel. Die kumulatiewe effek van skolastiese probleme vestig die idee by die TS-lyer dat sy akademiese vermoëns te kort skiet, ongeag sy werklike potensiaal. Dalk is hy onbewus van sy werklike vermoëns.

Die feit dat die TS-lyer verkeerdelik in spesiale klasse geplaas word (Pelser, 1994:163), bevestig verder dat hy nie goed met ander op akademiese gebied vergelyk nie en veroorsaak dat hy sy eie akademiese vermoëns geringskat.

* Totale akademiese selfkonsep (Grafiek 21)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep se totale akademiese selfkonsep (Tabel 10). Die bevindinge dui daarop dat geen proefpersone in die TS-groep 'n hoë totale akademiese selfkonsep vertoon nie en dat 'n groter persentasie van die TS-groep as van die Nie-TS-groep 'n lae totale akademiese selfkonsep vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae totale akademiese selfkonsep toon as die adolessent wat nie aan TS ly nie.

Die feit dat geeneen van die proefpersone in die TS-groep 'n hoë totale akademiese selfkonsep vertoon nie, kan toegeskryf word aan die voorafgaande bevindinge, naamlik: negatiewe houding teenoor die skool, lae evaluering van eie skoolwerk en 'n negatiewe persepsie van eie akademiese potensiaal.

5.5.3 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE, MET VERWYSING NA GLOBALE SELFKONSEPVERSKILLE BY PROEFPERSONE

* Globale selfkonsep (Grafiek 22)

Dit blyk dat daar wel beduidende verskille tussen die TS-groep en die Nie-TS-groep bestaan wat betref die globale selfkonsep (Tabel 11). Die bevindinge dui daarop dat geen proefpersoon in die TS-groep 'n hoë globale selfkonsep vertoon nie en dat meer as die helfte van die TS-groep teenoor ongeveer 'n kwart van die Nie-TS-groep 'n lae globale selfkonsep vertoon. Dit beteken dat die adolessent wat aan TS ly 'n sterker geneigdheid tot 'n lae globale selfkonsep toon as die adolessent wat nie aan TS ly nie.

Aangesien al die bogenoemde dimensies van die selfkonsep met mekaar verband hou en nie as losstaande van mekaar beskou kan word nie, beïnvloed alle faktore reeds bespreek, die vorming van die globale selfkonsep. Die feit dat geeneen van die proefpersone in die TS-groep 'n hoë globale selfkonsep vertoon nie, kan toegeskryf word aan die fisieke en sosiale probleme wat die TS-lyer ervaar (Edell-Fisher & Motta, 1990:538). Die belemmerde emosionele aanpassing van die TS-lyer (Dornbush, Hartlage & Horton, 1984) soos deur Edell-Fisher & Motta (1990:540) vermeld, dra ook by tot 'n lae selfkonsep.

Die gebrek aan aanvaarding deur sy ouers hou voorts direk verband met 'n lae globale selfkonsep by die TS-lyer (Edell & Motta, 1989:54). Laasgenoemde navorsers (1989:55) bevestig Coopersmith (1967) se bevinding dat die adolessent met 'n hoë selfkonsep 'n invloedryke status in die gesin geniet en dat die ouers die optrede van die kind, binne duidelik gedefinieerde grense, eerbiedig. Daaruit kan afgelei word dat 'n lae globale selfkonsep toegeskryf word aan die feit dat die TS-lyer nie 'n invloedryke status in die gesin geniet nie. Die sielkundige beheer wat die ouers oor die TS-lyer uitoefen, deur middel van skuldgevoelens en vyandigheid, beïnvloed eweneens selfkonsepvorming nadelig, aldus Edell & Motta (1989:55).

Ten opsigte van die akademie, is dit voor die hand liggend dat die negatiewe gesindheid wat die TS-lyer teenoor die skool openbaar, sy lae evaluering van sy skoolwerk en die twyfel aan eie akademiese vermoëns om te presteer, bydra tot die lae globale selfkonsep.

Samevattend kan gesê word dat die intens steurende simptome 'n belewing van nood by die TS-lyer veroorsaak (Edell & Motta, 1989:51), wat hom in sy totale gesitueerdheid, dit wil sê sy hele ekosisteem, beïnvloed en 'n negatiewe uitwerking op sy globale selfkonsep het.

5.5.4 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE MET VERWYSING NA SELFKONSEPVERSKILLE TUSSEN ADOLESSENTE SEUNS IN DIE TS-GROEP EN DIE NIE-TS-GROEP

Dit blyk dat daar beduidende nie-akademiese selfkonsepverskille, akademiese selfkonsepverskille en globale selfkonsepverskille tussen die adolessente seuns in die TS-groep en Nie-TS-groep bestaan:

* Nie-akademiese selfkonsep (Tabel 12)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die adolessente seuns in die TS-groep en die Nie-TS-groep, ten opsigte van al die nie-akademiese dimensies, behalwe selfkritiek, asook die totale nie-akademiese selfkonsep. Adolesssente seuns met TS vertoon 'n laer fisieke self, persoonlike self, gesinself, sosiale self, waarde self en totale nie-akademiese selfkonsep (Grafiek 23) as adolessente seuns wat nie aan TS ly nie.

* Akademiese selfkonsep (Tabel 13)

Daar bestaan wel beduidende verskille tussen die adolessente seuns in die TS-groep en die Nie-TS-groep, ten opsigte van die totale akademiese selfkonsep, asook al die dimensies van die akademiese selfkonsep, behalwe persepsies van eie akademiese vermoëns. Adolessente seuns met TS vertoon 'n negatiewer houding teenoor die skool, evalueer hulleself laer wat hulle skoolwerk betref en vertoon 'n laer akademiese selfkonsep (Grafiek 24) as adolessente seuns wat nie aan TS ly nie.

* Globale selfkonsep (Tabel 14)

Ook ten opsigte van die globale selfkonsep is beduidende verskille tussen die adolessente seuns in die TS-groep en die Nie-TS-groep gevind. Adolessente seuns wat aan TS ly vertoon 'n laer globale selfkonsep as adolessente seuns wat nie aan TS ly nie.

Al bogenoemde verskille kan beteken dat die TS-simptome, asook die geassosieerde kliniese verskynsels, wel by die manlike geslag selfkonsepverskille veroorsaak, en daarop dui dat TS wel selfkonsepvorming by die manlike geslag nadelig beïnvloed.

5.5.5 KWALITATIEWE INTERPRETASIE VAN DIE TOETSRESULTATE MET VERWYSING NA DIE INVLOED VAN VERSKILLENDE

VERANDERLIKES MET BETREKKING TOT SELFKONSEPVERSKILLE

IN DIE TS-GROEP

5.5.5.1 Aanvaarding van TS (Tabel 15, 16 en 17)

Daar bestaan geen beduidende verskille ten opsigte van die nie-akademiese selfkonsep, akademiese selfkonsep en globale selfkonsep tussen TS-lyers wat aanvaar dat hulle aan TS ly en dié wat nie aanvaar dat hulle aan TS ly nie.

Dit kan beteken dat aanvaarding van TS nie 'n veranderlike is wat selfkonsepvorming by die adolessente TS-lyer nadelig beïnvloed nie.

5.5.5.2 Ouderdom (Tabel 18, 19 en 20)

Daar bestaan geen beduidende verskille ten opsigte van die nie- akademiese selfkonsep, akademiese selfkonsep en globale selfkonsep tussen jonger TS-lyers en ouer TS-lyers nie.

Dit kan beteken dat ouderdom nie 'n veranderlike is wat selfkonsepvorming by die adolessente TS-lyer nadelig beïnvloed nie.

Dit kan moontlik ook daaraan toegeskryf word dat die ouderdomsverskil tussen die jonger en ouer TS-groep, te klein is om beduidende verskille bloot te lê.

5.6 SINTESE

In hierdie hoofstuk is die statistiese tegnieke wat op die empiriese gegewens toegepas is kortliks toegelig en is die betekenispeil wat in die studie geld, aangedui. Die navorsingsresultate is daarna weergegee en kwantitatief en kwalitatief geïnterpreteer.

In Hoofstuk SES sal daar op grond van die navorsingsresultate gevolgtrekkings gemaak word en die opvoedkundige implikasies van die ondersoek sal uitgewys word. Voorts sal aanbevelings vir die opvoedingspraktyk gemaak word en die moontlike tekortkominge van hierdie navorsing sal uitgewys word. Laastens sal verdere navorsingmoontlikhede aangedui word.

Terug na hoof bladsy